Twee dood in naweek brandeSeptember 1, 2025

Brande het die afgelope naweek twee lewens geëis. ‘n Baba van vyf dae oud is Vrydag in Wanaheda in Windhoek dood. Dit is nie bekend wat die brand veroorsaak het in die kamer van die slapende baba nie. Op Epako is ‘n man Sondag dood toe ‘n kers ‘n brand veroorsaak het in die huis waarin hy geslaap het. Die polisie ondersoek beide sake.