Van der Linden verdedig likwidasie van voerkraal September 1, 2025
Bank Windhoek se aansoek vir die likwidasie van Linden Beef sal weer môre in die hof voorkom na David van der Linden, tans agter tralies in Okahandja op dwelmklagtes, ter elfder uur verdediging ingedien het. Die bank sê hy word 28,5 miljoen Namibiese dollar geskuld. Agra het ook onlangs ‘n eis van 7 miljoen dollar teen die voerkraal ingedien en Meatco soek sy 400 beeste ter waarde van rondom 7 miljoen dollar wat hy by die voerkraal aangehou het. Regter Andrew Corbett hoor die saak aan.