Afrocat Ladies, NamPower nuwe CVA Liga-kampioeneSeptember 2, 2025
Afrocat Ladies is die naweek as die vrouekampioen van die Sentrale Vlugbal-assosiasie se CVA Liga gekroon. Hulle het hul naaste teenstanders, DTS, met 3-0 geklop in die finaal wat in Windhoek se Ramatex-saal gespeel is. Afrocat het die wisseltrofee en goue medaljes met ‘n totaal van 39 punte verseker, voor DTS, wat met 36 punte silwer gewen het. Nust was met 28 punte gemaklik derde vir die bronsmedalje, nege punte voor Revivals wat vierde gekom het op 19 punte. In die mansafdeling het die verdedigende kampioen, NamPower, die seisoen onoorwonne afgesluit op 58 punte en weer die titel gewen, asook goud. NDF Hurricanes was in die tweede plek vir silwer op 48 punte, terwyl Kudos brons gewen het op 42 punte. Afrocat D was in die vierde plek met 40 punte.