Damme se water die week spaarsamig gebruik September 2, 2025

Daar is verbasend min water in die afgelope week uit die Hardapdam gepomp met produsente wat net 229 000 kubieke meter gebruik het. Die dam is tans op 66,6 persent. Daar is geen water uit Neckartal gepomp nie en die dam is tans op 97,8 persent. Naute is 93,8 persent vol en Oanob staan op 70,4 persent. In die sentrale gebied is bronne op 74,1 persent en net meer as 1,3 miljoen kubiek is gebruik. Otjiverodam in die Ooste is 45,9 persent vol met bronne vir die gebied op 29 persent.