Dodetal in Afghanistan sal verder stygSeptember 2, 2025

Meer as 800 mense is dood en minstens 2 800 beseer in een van Afganistan se ergste aardbewings, het die owerhede laat Maandag gesê. Hulle verwag dat die dodetal aansienlik sal styg, aangesien reddingswerkers sukkel om afgeleë gebiede te bereik weens ‘n rowwe berglandskap en slegte weer. Swaar reën het reeds grond- en rotsstortings veroorsaak wat paaie blokkeer het. Sharafat Zaman, woordvoerder van die gesondheidministerie in Kaboel, het ‘n oproep om internasionale hulp gedoen. Die Taliban-administrasie sukkel reeds met krisisse soos ‘n skerp daling in buitelandse hulp en ‘n ernstige droogte.