Krieket: Namibië se vroue môre teen Sierra Leone September 2, 2025
Die Capricorn Eagles kom môreoggend om 09:30 teen Sierra Leone te staan. Namibië se Capricorn Eagles het Maandag hul wedstryd teen Nigerië in die Afrika-uitspeelronde van die ICC se T20-Vrouewêreldbeker met agt paaltjies gewen. Namibië het 71 lopies vir die verlies van twee paaltjies in 9,5 boulbeurte behaal. Nigerië se telling was 70 lopies, almal uit in 18,4 boulbeurte.