VN-rapporteurs kritiseer regering oor Tsumeb-smelter September 2, 2025

Spesiale rapporteurs van die Verenigde Nasies beskuldig die regering daarvan dat ‘n wetlike klousule gebruik om die eertydse en huidige eienaars van die Tsumeb-smelter nie verantwoordelik te hou vir die skadelike impak wat dit na bewering op die inwoners en omgewing van die dorp het nie. Volgens die VN-span het verskeie internasionale en plaaslike studies oor die jare heen die gevare van die smelter se uitlaatgasse beklemtoon. Hulle beweer voorts die regering het navorsers verbied om hul bevindinge in wetenskaplike tydskrifte te publiseer.