Wat gaan aan met Trump se gesondheid?September 2, 2025

In Amerika gons dit oor president Donald Trump se gesondheid, met spekulasie dat hy glad nie gesond is nie wat sosiale media oorheers. Hy het sedert 26 Augustus nie ‘n openbare verskyning gemaak nie, dus is dit meer as ses dae sonder enige amptelike gebeure. Daar word verwys na bloukolle op beide sy hande, geswelde enkels en dat hy by tye sy regterbeen sleep en onvas op sy voete voorkom. Sommige dokters sê dit wil voorkom of hy ‘n tipe beroerte gehad het of dat hy aan ‘n hartkwaal kan ly. Die Withuis het nog nie die kwessie aangespreek nie. Trump het op 14 Junie 79 jaar oud geword.