Andrada begin met boorprogram by Lithium RidgeSeptember 3, 2025
Andrada Mining het begin met eksplorasieboorwerk by sy Lithium Ridge-projek, in vennootskap met die Chileense litiumprodusent SQM. Andrada se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê die boorprogram is ‘n belangrike stap vorentoe om een van Namibië se opwindendste litiumgeleenthede te ontsluit. Hy sê die program behels 14 000 meter se diamantboorwerk oor prioriteit-litiumteikens. Lithium Ridge is 35 kilometer vanaf Andrada se Uis tinmyn geleë en bevat veelvuldige hoë-prioriteit litiumdraende pegmatiete met gepaardgaande tin en tantalum. Viljoen sê die belegging deur SQM onderstreep Lithium Ridge se potensiaal en die groeiende rol van Namibië in die globale aanbod van kritieke minerale