Austin Elindi skuld glo N$86 000 vir spa- en restaurant-diensteSeptember 3, 2025
Austin Elindi, een van die Namcor-bedrog beskuldigdes en eienaar van Erongo Petroleum, word weer hoërhof toe gesleep oor uitstaande skuld. Hierdie keer soek die Seaside Hotel en Spa in Swakopmund meer as 86 000 dollar se onbetaalde skuld vir spa-behandelinge en restaurant-dienste. Seaside Hotel sê dit het tussen 29 Augustus 2022 en 1 November 2024 akkommodasie, spa-behandelings en restaurantdienste aan Erongo Petroleum deur sy besturende lid, Elindi, verskaf, op die spesiale versoek van die maatskappy. Die rekeninge is aan die maatskappy gestuur maar is nooit vereffen nie. Erongo Petroleum is twee weke gelede finaal gelikwideer na ‘n aansoek deur Namcor oor brandstofskuld van meer as 380 miljoen Namibiese dollar.