Braaibroodjie kos nou N$21,46 – 1,6% styging sedert JulieSeptember 3, 2025
Die braaibroodjie-indeks vir Augustus is in, met gevaarligte wat flikker vir alle liefhebbers van dié braai-stapelvoedsel. Na drie maande van dalings het die indeks met 1,6 persent gestyg op ‘n maandbasis. Volgens die ekonoom Johan Biermann het ‘n braaibroodjie op 31 Augustus 21 Namibiese dollar 46 sent gekos. Dit is 34 sent duurder as aan die einde van Julie, hoofsaaklik weens stygende Cheddar-pryse. Op ‘n jaar tot datum basis het die prys met 5,2 persent gestyg, wat hoër is as die gemiddelde inflasie in dieselfde tydperk.