China is onstuitbaar, sê Xi JinpingSeptember 3, 2025
Die Chinese president, Xi Jinping, sê sy land is onstuitbaar en sal hom nie deur boelies laat intimideer nie. Hy het vandag ‘n militêre parade op Tiananmen-plein inspekteer op die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het dit bygewoon. Tydens die parade is honderde gevorderde wapentuig vertoon, insluitend ballistiese missiele en reuse-onderwater-hommeltuie. Xi het gespog met China se vordering op die wêreldverhoog en ontwikkeling tot ‘n supermoondheid.