Fluitjieblasers besorg miljoene in NamRA se sak September 3, 2025
Die Namibiese Inkomste-agentskap sê sy fluitjieblaas-inisiatief het sedert Junie verlede jaar meer as vyf miljoen Namibiese dollar in die staatskas besorg en belastingaanslae het vir ‘n bykomende 15 miljoen dollar gesorg. Die inisiatief maak voorsiening vir die anonieme aanmelding van belastingongeruimdhede en -ontduiking. NamRA vergoed fluitjieblasers met tot ‘n derde van die bedrag wat herwin word. In een geval het ‘n fluitjieblaser 100 000 dollar ontvang, sê NamRa-kommissaris Sam Shivute.