Geen borg vir Grootfonteiner wat van verraad beskuldig wordSeptember 3, 2025

‘n Borgtogaansoek deur ‘n inwoner van Grootfontein wat daarvan beskuldig word dat hy steun verleen het aan ‘n radikale Islamitiese organisasie in Namibië, is vanoggend in die Windhoekse Hooggeregshof van die hand gewys. Die beskuldigde, Jona Hangula, wat in Junie 2023 in hegtenis geneem is, staan ​onder meer ​tereg op aanklagte van hoogverraad en terrorisme. Hy sal sy volgende voorverhoor in die Hooggeregshof op 17 September hê, berig The Namibian.