Joel Angula ontken betrokkenheid by Namdia-roofSeptember 3, 2025
Joel Angula, een van die drie beskuldigdes in die Namdia-diamantrooftog in Januarie, het Dinsdag in die Katutura-landdroshof gesê hy is onskuldig op klagte van die steel van diamante, die besit van ongeslypte diamante en georganiseerde misdaad. Angula, ‘n voormalige sekuriteitsbeampte by Namdia, sê hy sal getuies roep indien hy verhoor word. Die saak is tot 28 November uitgestel vir ‘n beslissing van die aanklaer-generaal.