Krieket: Eagles klop KanadaSeptember 3, 2025

Namibië se nasionale krieketspan het Kanada Dinsdag met 24 lopies in hul wedstryd in die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks in King City geklop. Die Eagles het 261 lopies vir die verlies van agt paaltjies aangeteken. Kanana se telling was 237 lopies vir tien paaltjies.