Paratus belê N$600 m in nuwe netwerk September 3, 2025

Paratus Namibia het ‘n nuwe mobiele netwerk bekend gestel wat 50 dorpe en 80 gemeenskappe landswyd sal dek. Die belegging hierin beloop 600 miljoen Namibiese dollar. Die netwerk sal die eerste in die land wees wat heeltemal op 4G LTE-tegnologie steun. Dit fokus primêr op die roete tussen die ooste en weste van die land, asook die roete van Windhoek en Oshakati, en die Windhoek-Noordoewer-korridor.