ReconAfrica goed op pad na Otavi-reservoir September 3, 2025
ReconAfrica se boorwerk in sy Kavango-Wes-eksplorasieput, wat na verwagting oor tot 340 miljoen vate olie kan beskik, vorder goed en die maatskappy verwag om volgende maand in die Otavi-reservoir, primêre teiken in die Damara-vougordel, te begin werk. Brian Reinsborough, die maatskappy se president en uitvoerende hoof, sê hulle beplan om deur meer as 1 500 meter diep te boor. Na verwating sal die resultate teen jaareinde bekend gemaak word.