Staat se regsgedinge ruk handuitSeptember 3, 2025

PDM-parlementslid Winnie Moongo het Dinsdag in die Nasionale Vergadering kapsie gemaak teen die stygende aantal regsgedinge waarmee plaaslike- en streeksrade te kampe het. Sy het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling uitgedaag oor rade se toenemende betrokkenheid in duur regstryde, van geskille oor arbeid en grond tot tenderkonflikte.