Vyf leerders in rassevoorval in KZN aangeval September 3, 2025
Vyf leerders is met skerp voorwerpe gesteek in ‘n rassevoorval by die Glenover Secondary School in Chatsworth, KwaZulu-Natal. Die geweld het volgens berigte losgebars nê ‘n onderonsie op die sokkerveld waarby ouers en voormalige leerders betrek is en tot polisie- en private sekuriteitsingryping gelei het. Die skool het die aanval veroordeel en inwoners gewaarsku om nie spanning te vererger nie. Die Onderwysdepartement het vier skorsings bevestig en beloof om die owerhede en skoolleierskap te ondersteun om veiligheid te herstel. LUR Sipho Hlomuka vra verdraagsaamheid, vrede en ouerlike verantwoordelikheid.