Harvard 1, Trump-administrasie 0 in befondsing-hofsaakSeptember 4, 2025
Harvard Universiteit het ‘n mylpaal-oorwinning bereik in sy stryd teen die Trump-administrasie toe ‘n federale regter in sy guns beslis het in sy aansoek om byna 36-miljard Namibiese dollar se federale befondsing vir navorsing terug te kry wat die Withuis bevries het. Die beslissing verwerp die administrasie se betoog dat hy die universiteit geteiken het weens anti-semitisme op kampus. Die beslissing is ‘n reuse-oorwinning vir Harvard, die enigste universiteit wat die Trump-administrasie geteiken het. Die Withuis het intussen aangedui hy gaan appelleer.