Krieket: Besering pootjie Proteas se De Zorzi September 4, 2025
Die Protea-kolwer Tony de Zorzi is weens ‘n dyspierbesering uitgesluit van die res van die eendagreeks teen Engeland. Hy het die besering opgedoen terwyl hy Dinsdag in die eerste eendagwedstryd by Headingley veldwerk gedoen het. Suid-Afrika het die wedstryd gewen. Geen plaasvervanger is nog aangewys nie. Matthew Breetzke het intussen van sy linkerdyspierbesering herstel en is beskikbaar vir die tweede eendagwedstryd vandag by Lord’s. Suid-Afrika is met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde.