MTC, Telecom se dae van monopolie getelSeptember 4, 2025

Ontleders meen Namibië se eerste private mobiele netwerk gaan ‘n beduidende ommeswaai in die plaaslike mark meebring, wat deur staatsbeheerde MTC en Telecom Namibia oorheers word. Die Paratus-groep het vroeër vandeesweek sy mobiele netwerk bekend gestel, geskoei op 4G-tegnologie en ‘n belegging van 600 miljoen Namibiese dollar. Volgens die uitvoerende hoof van die groep, Schalk Erasmus, is die nuwe netwerk ‘n doelbewuste stap in Paratus se missie om die digitale landskap in Afrika te verander. Die groep is werksaam in 15 lande in Afrika, insluitende Suid-Afrika, Kenia en Angola.