Nedbank Citi Dash die naweek in nuwe baadjieSeptember 4, 2025
Die vyfde Nedbank Citi Dash vind Sondag in die hoofstad plaas by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion, in ‘n splinternuwe baadjie. Daar is ‘n nuwe roete asook ‘n dinamiese LiveExpo met vele uitstallers, wat Saterdag en Sondag oop sal wees vir die publiek. Meer as 2 400 deelnemers aan die wedloop is bevestig, en moet hul resiesnommers Saterdag tussen 11-uur en 4-uur by die stadion optel. Op resiesdag spring die 10km elite-hardlopers eerste weg om 7-uur, gevolg deur die 10km pretloop om 8-uur en die 5km pretloop om kwart-oor-agt.