Nóg 300 000 mense in Pakistan ontruim September 4, 2025
Die Verenigde Nasies sê hy werk nou saam met die Pakistanse owerheid om vinnig vas te stel watter invloed die onlangse oorstromings op mense gehad het, om behoeftes te bepaal en probleme met hoe die ramp hanteer is, aan te spreek. Die oorstromings in die noorde van Pakistan het meer as 400 lewens geëis. Die VN sê hierdie ramp, veroorsaak deur ‘n heftige monsoon-seisoen vererger deur klimaatverandering, het sowat 1,5 miljoen mense geraak en honderde duisende benodig humanitêre hulp. Die owerheid in die Punjab provinsie het Woensdag ‘n nuwe vloedwaarskuwing uitgereik en sowat 300 000 mense het ontruim.