Nóg miljarde in Navachab belê September 4, 2025
Altesaam vier miljard Namibiese dollar gaan oor die volgende vier jaar in die ondergrondse uitbreiding van die Navachab-goudmyn belê word. Meer as 150 werkgeleenthede gaan in die proses geskep word, sê die myn se besturende direkteur, George Botshiwe. Die myn het reeds 889 permanente permanente werkers en het tot dusver vanjaar bykans 600 kontrakteurs gebruik. Volgens Botshiwe beskik Navachab oor goudreserwes van 2,43 miljoen onse en bestaan die bron uit 5,16 miljoen onse.