Onderwysministerie ondersoek voedselvergiftiging in Kavango-OosSeptember 4, 2025

Die ministerie van onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná 33 leerders by die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Die kinders het Saterdag siek geword ná hulle macaroni en wors geëet het. Die ministerie werk saam met die intermediêre distrikshosiptaal op Rundu en ‘n streekbestuurspan van die gesondheidsministerie om vas te stel wat gebeur het, het onderwysminister Sanet Steenkamp Woensdag gesê. Al 33 leerders het mediese behandeling ontvang en teen Dinsdag was 11 steeds in die hospitaal.