Tennis: Sinner, Auger-Aliassime in halfeinstryd by Amerikaanse Ope September 4, 2025
Die verdedigende kampioen Jannik Sinner pak die Kanadees Felix Auger-Aliassime in die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope. Die Italiaan het sy landgenoot Lorenzo Musetti in drie stelle verslaan. Auger-Aliassime het die Australiër Alex de Minaur in meer as vier uur geklop om vir die eerste keer sedert 2021 die halfeindstryd by ‘n groot toernooi te haal. In die vroue-loting het die tweemalige kampioen Naomi Osaka van Japan die Tsjeg Karolina Muchova in twee stelle verslaan. Sy kom teen Amanda Anisimova in die halfeindstryd te staan, nadat die Amerikaner vir Iga Swiatek van Pole uitgeskakel het.