Walvisbaai steeds Namibië se handelsmekka September 4, 2025
Goedere ter waarde van meer as 11 miljard Namibiese dollar het in Julie deur die hawe op Walvisbaai beweeg, toon die jongste handelsyfers van die Namibië Statistiekagentskap. Hiervan was sowat 6,9 miljard dollar uitvoere, terwyl invoere 4,2 miljard dollar beloop het. Suid-Afrika was die grootste in- en uitvoerbestemming, gevolg deur China.