Zelensky dring aan op nuwe sanksies teen Rusland September 4, 2025

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, hoop om vandag met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, te praat en aan te dring op nuwe sanksies teen Rusland oor die inval in sy land. Hy het met die media gepraat tydens sy besoek aan die Deense hoofstad, Kopenhagen, om bykomende steun vir Kiëf deur Nordiese en Baltiese lande te bespreek. Zelensky sê daar is reeds ‘n stewige grondslag vir veiligheidswaarborge vir Oekraïne in die geval van ‘n wapenstilstand, en verwys na bilaterale ooreenkomste, insluitend een met Denemarke.