Curriebeker: Maak-of-breek naweek vir vyf spanneSeptember 5, 2025

Vyf spanne veg die naweek vir ‘n plek in die Curriebeker-kwarteindronde wanneer die laaste ronde-wedstryde plaasvind. Griekwas is bo-aan die punteleer, net vyf punte voor die vyfde-geplaasde Pumas, met Boland Kavaliers, die Leeus en Griekwas tussenin. Dit beteken ‘n bonuspunt-oorwinning vir die Pumas vanaand in Durban oor die Haaie, wat reeds uitgeskakel is, sal reusedruk op die ander spanne plaas. Westelike Provinsie wat laaste op die punteleer is, ontvang sy buurman, Boland, môre in Kaapstad. Die Leeus verwelkom Griekwas in Johannesburg, en die sesde-geplaasde Bulle speel op Loftus teen die Cheetahs.