Dis Moria teen WHS in skolerugby-hoogtepuntSeptember 5, 2025
Moria Privaatskool sal probeer om hul sprokies-vertoning in die Namibië Sekondêre Skole-rugby ligas voort te sit wanneer hulle met Windhoek Hoërskool in die Onder-19 eindstryd kragte meet. Die Outjo-gebaseerde Moria, wat slegs sowat 170 leerlinge het, het Windhoek Gimnasium met 39-34 in verlede naweek se halfeindstryd geskok om hul plek vir die eerste keer in die eindstryd te bespreek. WHS is die verdedigende kampioen en het die titel sedert onafhanklikheid al 18 keer gewen en dit twee keer gedeel. Afskop is môre om 5-uur by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Die ander ouderdomsgroepe beslis reeds hul eindstryde en die program begin weer môre-oggend om half-9.