Ebola breek weer in DRK uitSeptember 5, 2025

Minstens 15 is mense dood, insluitend vier gesondheidswerkers, in ‘n nuwe uitbreking van die Ebola-virus in die DRK. Dit is die 16de uitbreking van die dodelike virus in die DRK. Die jongste uitbreking is in die sentrale Kasai-provinsie, waar 28 vermeende gevalle aangeteken is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat hulle “met vasberadenheid optree om die verspreiding van die virus vinnig te stop en gemeenskappe te beskerm”.