Handelsbanke besig in mosiehofSeptember 5, 2025

Regters Lotta Ambunda en Hannelie Prinsloo het vanoggend se mosiehof sessies hanteer waar 50 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is met 11 op die reël 108-rol. Handelsbanke het 43 van die aansoeke gebring en eis 21 eiendomme op met uitstaande skuld van 31,8 miljoen Namibiese dollar, wat ‘n plaas insluit. Daar is ook 28 lenings met ‘n skuldlas van 13,9 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Thomas Masuku 60 onverdedigde egskeidings.