Krieket: Namibië se vroue maak geskiedenisSeptember 5, 2025
Namibië is die eerste keer ooit verseker van ‘n plek in die ICC Vroue T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi ná die Capricorn Eagles Tanzanië Donderdagmiddag in Windhoek met agt lopies geklop het. Zimbabwe is ook deur na die uitduntoernooi ná hulle Uganda met vyf paaltjies oorwin het. Die Capricorn Eagles kom môremiddag om halfdrie in die hoofstad in die finaal van die Afrika-uitduntoernooi teen Zimbabwe te staan.