Reggae-legende Ras Sheehama sterfSeptember 5, 2025

Musiekliefhebbers is in skok ná die nuus dat die Namibiese reggae-legende Ras Sheehama oorlede is. Hy was 59 jaar oud. ‘n Familielid het sy dood aan The Namibian bevestig. Sheehama se musiekloopbaan het oor dekades gestrek. Sy lirieke het veral op vrede, eenheid en sosiale regverdigheid gefokus.