Sankwasa stel administrateur vir Katima aanSeptember 5, 2025

Die minister van streeksontwikkeling, James Sankwasa, het die voormalige parlementariër Marina Kandumbu as die administrateur van Katima Mulilo se dorpsraad aangestel. Kandumbu is sy verteenwoordiger en sal die dorpsraad se sake bestuur, het Sankwasa gesê. Die minister het die dorpsraad verlede maand ná beweerde ongeruimdhede ontbind. ‘n Nuwe dorpsraad sal tydens die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing in November verkies word.