Slenters teiken boere ál meer, sê NLUSeptember 5, 2025

Die Namibië Landbou-unie het lede gewaarsku om op hul hoede vir bedrogslenters te wees. Bejaarde boere en werkgewers word toenemend in alle streke geteiken, sê die NLU. Mense word geskakel deur individue wat hulself voordoen as prokureurs, polisielede of regeringsamptenare en dreig boere met lasbriewe vir beweerde misdrywe. In ruil daarvoor eis hulle betalings om sogenaamde inhegtenisname te voorkom. Die NLU het ‘n beroep of lede gedoen nooit betalings te maak op grond van telefoniese instruksies of versoeke nie, en eerder met die unie te skakel as hulle vreemde oproepe ontvang.