Staatskas té leeg vir hoër pensioeneSeptember 5, 2025
Om staatspensioene na 2 000 Namibiese dollar per maand te verhoog, gaan die regering se begroting vir maatskaplike toelaes van 7 miljard dollar tot 9 miljard laat styg. Volgens die uitvoerende direkteur van die finansministerie, Michael Humavindu, is die staatskas onder druk en gratis tersiêre onderrig en werkskepping vir die jeug nou ‘n prioriteit. Die kwessie van hoër pensioene word egter steeds oorweeg, sê hy.