TotalEnergies wil Venus-lisensie verlengSeptember 5, 2025
TotalEnergies is besig om met die regering te onderhandel oor ‘n verlenging van hul eksplorasielisensie in die Venus-blok aflandig Namibië, het die oliemaatskappy se uitvoerende hoof, Patrick Pouyanne, Donderdag tydens die Barclays-energiekonferensie in New York gesê. TotalEnergies het vroeër vanjaar sy verwagtings vir die produksiekapasiteit van Venus verlaag en gesê ‘n finale beleggingsbesluit oor die ontwikkeling van die projek sal later as verwag geneem word.