Rugby: Springbokke buig knie voor All BlacksSeptember 6, 2025
Bok-aanhangers is teleurgesteld ná die Springbokke vanoggend nie die mas teen die All Blacks kon opkom in die 3de ronde Rugbykampioenskap-kragmeting op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland nie. Die eindtelling was 24-17. Die All Blacks was ná 24 minute reeds 14-3 voor. Die laaste keer dat die Springbokke die All Blacks op Eden Park geklop het, was in 1937. Die Wallabies het intussen, in hul 3de ronde kragmeting in Queensland, Australië, in die doodsnikke van die wedstryd vir Argentinië met 28-24 geklop, nadat Los Pumas rustyd met 21-7 voorgeloop het.