Rugby: Vroue kry meer beroepsfanchises in SASeptember 6, 2025
Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Swys de Bruin sê talle planne lê volgende jaar voor vir vrouerugby in Suid-Afrika, insluitend meer beroepsfranchises. Die Bulle Daisies is tans die enigste een. De Bruin sê die gaping tussen mans- en vrouespanne is steeds reusagtig groot. Die gewese nasionale vroueafrigter, Stanley Raubenheimer, glo Suid-Afrika het ‘n goudmyn wat ernstig ontgin moet word. Die Bokvroue het verlede naweek die eerste keer vir die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer.