Sewe mense in Engeland, Skotland van terrorisme aangekla September 6, 2025
Sewe mense in Engeland en Skotland, wat na bewering verbind word met die verbode groep Palestine Action, is van terrorisme-oortredings aangekla. Die polisie sê die beweerde oortredings sluit in die reël van openbare versetoptogte ter ondersteuning van die groep in Londen, Manchester en Cardiff, asook ‘n betoging in Londen vandag. Die Britse organisasie, Defend our Juries, sê die sewe mense is almal lede van die groep. Die Palestine Action-verbod maak dit ontwettig om ‘n lid van die groep te wees en plaas hulle op gelyke voet met organisasies soos Hamas, al-Qaeda en Isis.