Trump-tariewe knak staalbedryf in SA September 6, 2025

Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4 persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders in die waardeketting, met sekere maatskappye wat reeds personeel afdank en vervaardiging terugsny.