Bek-en-klou versprei in VrystaatSeptember 7, 2025

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het bevestig dat nege nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die provinsie aangemeld is. Dit bring die totaal van bevestigde gevalle op sewentien te staan. Die departement sê die Vrystaat het vier verskillende uitbrekings in die Moqhaka-, Metsimaholo- en Mafube-plaaslikemunisipaliteite. Die departement sê twee gemeenskaplike weidingsgebiede is deur die huidige uitbrekings geraak. Hierdie gebiede bied bykomende uitdagings as gevolg van gedeelde weidingspraktyke en die gebrek aan voldoende heinings.