Namibië, Botswana se planne vir olieraffinadery vorderSeptember 7, 2025
Namibië en Botswana vorder fluks met ‘n lewensvatbaarheidstudie oor ‘n oorgrens-olieraffinadery, met Walvisbaai en Ghanzi wat as moontlike liggings beskou word. Voorlopige aanduidings dui op n totale belegging van meer as 70 miljard Namibiese dollar. Carlo McLeod, adjunkhoof van die stroomop-petroleum-eenheid in die Namibiese presidensie, sê dié syfers al sal eers bevestig kan word ná die studie voltooi is. Tussen 60 000 en 100 000 vate olie sal na verwagting daagliks deur die olieraffinadery verwerk kan word.