Namibië teiken eerste salmoes in 2027September 7, 2025

Indien alles volgens plan verloop, sal Namibië se eerste salm-oes in 2027 geskied. Die African Aquaculture Company en die AKVA Group het ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit om die eerste kommersiële salmplaas naby Lüderitz te ontwikkel. Dit sal een van die grootste akwakultuur-ondernemings in die suidelike halfrond wees, met ‘n produksielisensie vir 51 000 ton salm wat toegeken is. ‘n Finale belegginsbesluit oor die projek sal volgende jaar geneem word.