Rusland val kabinetsgebou in Kiëf aanSeptember 7, 2025

Die Oekraïense premier Yulia Svyrydenco het amptelik bevestig dat die kabinetsgebou in Kiëf vroeg vanoggend in die Russiese aanval beskadig is – die eerste keer dat die gebou getref is. Die lugmag berig dat ‘n rekordgetal hommeltuie en missiele deur Rusland in die jongste nagtelike aanval gelanseer is – meer as 800 in totaal. Volgens die lugmag het nege missiele en 56 hommeltuie 37 plekke getref, en die neergestorte wrakstukke het op agt plekke geval.