Chinese sake-eienaars sê hulle dra baie bySeptember 8, 2025
Luidens ‘n verslag deur Chinese besighede in die land, is 10 515 Namibiërs in die diens van Chinese sake-eienaars. Plaaslike media berig vanoggend die verslag dui aan dat die maatskappye mededingende salarisse en voordele bied, insluitend medies en ‘n veilige werksomgewing. Belasting van Chinese maatskappye het ook van 10,8 miljard Namibiese dollar in 2020 gestyg tot 16,7 miljard dollar in 2024. Die verslag sê verder plaaslike verkryging het in die periode verdubbel van 6,4 miljard dollar tot 13,6 miljard dollar.