Dagga-smouse by sokkertoernooi aangekeerSeptember 8, 2025
Twee mans is Saterdagmiddag tydens ‘n sokkertoernooi op ‘n plaas naby Anker in die Otjozondjupa-streek vasgetrek ná die polisie inligting ontvang het dat hulle glo dagga en onwettige sigarette smous. Hulle is met 80 ‘bankies’ dagga en sigarette in hul besit betrap. Die totale waarde van die onwettige buit was 850 Namibiese dollar.